LEKKER FM 98.3 Gholfdag 2018 – 08 November 2018  

LEKKER FM 98.3 bied ‘n Gholfdag aan op die 08 November 2018 by Irene Country Club.

Die doel van die Gholfdag is om fondse in te samel vir LEKKER FM se transmissie toerusting.

Borg en Inskrywingsvorm 

Laai die Borg / Inskrywingsvorm af en stuur terug na LEKKER FM per epos:

Epos 

BORGE.

Die volgende borge is beskikbaar vir die dag:

Hoofborg: R25 000.00

• Die Hoofborg sal volle Bemarkings Regte kry vanaf die hoof ingang tot by die Klubhuis en Borg van Gat 1 kry.
• 4-Bal
• 90 X 30 sek advertensie tydglewe per Maand vir 3 Maande.
• 5 Min Onderhoud op LEKKER FM enige tyd voor of na die Gholfdag.

Opsie 1 | Borg van Putjie: R7000.00, sluit die volgende in:

• Bemarking van die spesifieke Putjie, asook al die gasvryheidsvereistes van die put van 06:00 tot 17:00 op die dag. Bring asseblief u eie tafels, stoele en verwante spyseniering benodighede vir die dag. Dit kan teen u eie koste by die Irene Country Club gereël word. Indien u, u eie verversings gaan saambring sal daar 'n fooi van toepassing wees.
• 4-Bal
• 5 Min Onderhoud op LEKKER FM enige tyd voor of na die Gholfdag.
• 30 X “Live Reads” in November maand op LEKKER FM 98.3

Opsie 2 | Borg van Putjie: R3500.00, sluit die volgende in:

• Bemarking van die spesifieke Putjie, asook al die gasvryheidsvereistes van die put van 06:00 tot 17:00 op die dag. Bring asseblief u eie tafels, stoele en verwante spyseniering benodighede vir die dag. Dit kan teen u eie koste by die Irene Country Club gereel word. Indien u, u eie verversings gaan saambring sal daar n fooi van toepassing wees.
• 5 Min Onderhoud op LEKKER FM enige tyd voor of na die Gholfdag.

“Putting Green”- Borgskap (Oefen setperk) R2000.00
• Bemarking material by die “Putting Green”

Borg van Halfweg-Huis etes: (eetgoed-word deur klub verskaf) R7000.00

• Bemarking material by Halfweg-Huis vanaf 06:00 - 17:00
• 5 Min Onderhoud op LEKKER FM enige tyd voor of na die Gholfdag.
• 30 X “Live Reads” in November Maand op LEKKER FM 98.3

4-Bal Inskrywing: R4000.00 per 4-bal
• Neem asb. kennis dat die baanfooi, 'n ete by die Halfweg-huis en Prysuitdeling ingesluit is.

Neem asseblief kennis dat Gholfkarre nie ingelsuit is by die 4 bal prys nie. Daar is slegs 25 Gholfkarre beskikbaar by die Irene Country Club, teen R295,00 per kar. Caddy's per persoon ook beskikbaar teen R195,00

Vul asb die Inskrywingsvorm in.

Borg en Inskrywingsvorm 

U is welkom om u metgesel na die prysuitdeling / onthaal te bring, teen ’n addisionele koste van R300.00 per persoon.

VOLG ONS






LUISTER NOU


POTGOOI - LUISTER WEER


JOU WEER

LUISTER TUNEIN OF STREEMA