In ons lewe van moderne leefstyle, tegnologiese vooruitgang en kitsoplossings sal ’n mens dink dat ’n beter lewe vir almal moontlik is. Ongelukkig is dit net ’n droom. Die werklikheid is dat daar miljoene mense in Suid-Afrika is wat ’n desperate behoefte het aan iemand wat hul noodkreet sal hoor en ’n helpende hand sal aanbied. Lekker FM se program "Noodkreet" - elke Woensdagoggend om 07h30 - is een van daardie helpende hande!

Ons kan nie almal help nie - maar ons kan iemand help! Dankie aan elkeen van julle wat al bygedra het om die nood onder mense en diere te verlig. Hier is ‘n paar voorbeelde van hoe jou donasie ‘n verskil gemaak het:

• Ons het 7 maande lank kos gekoop vir Heidi en haar 3-jarige seuntjie, Jayden. Heidi is 'n enkel mamma wat in Hermanstad, Pretoria, woon. Jayden is op 7 maande gebore en het beroerte gehad terwyl hy in die broeikas was. Hy is verlam aan sy regterkant, kan nie loop nie en kry epileptiese toevalle. Heidi se kleinding is 'n baie sieklike seuntjie en dit sit 'n ongelooflike finansiële las op haar. 

• Ons het geld geskenk vir die sterilisasie van diere en daardeur die onwelkome geboorte van duisende klein hondjies en katjies gekeer. Dankie aan Animal Birth Control (ABC Steri) wat saam met ons hieraan werk.

• Duisende diere in SA het reeds gesterf as gevolg van die droogte. Danksy die donasies van ons luisteraars kon ons Droogtehulp met Burre ondersteun. Iewers kon ‘n skaap of bees eet omdat JY iets bygedra het – dankie!!

Volgens Statistiek SA, leef 20% van die Suid-Afrikaanse bevolking onder die broodlyn. Kan jy jou indink? 10 Miljoen mense wat vannaand honger gaan slaap. Jou bydrae kan vir Heidi en Jayden help. Groot of klein, elke bietjie sal help. 

Dis maklik om te gee: Snapscan, Zapper of aanlyn betaling (EFT) 



Bankbesonderhede

Rek Naam: LEKKER FM
Bank: FNB
Rek Nr: 62514331107
Tak Nr: 250 655


VOLG ONS






LUISTER NOU



POTGOOI - LUISTER WEER


JOU WEER

LUISTER TUNEIN OF STREEMA