Hoekom moet jy op LEKKER FM 98.3 adverteer?

Die antwoord is baie eenvoudig! Jou besigheid is vir ons belangrik!

LEKKER FM 98.3 bied 'n bekostigbare advertensiemedium wat 'n massa-gehoor in beide Afrikaans en Engels kan bereik. Ons multi-media advertensiebenadering bied 'n ideale geleentheid wat individueel vir jou, die adverteerder, saamgestel word. Dit bied aan jou besigheid (klein of groot) die geleentheid om jou teikenmark oor radio, en digitale en sosiale media platforms, gelyktydig te bereik - volgens jou voorsiene begroting!

UNIEKE LEKKER FM 98.3 produk!

Wees die eerste nuwe of kleinsake-eienaar om jou een-jaar radio-advertensieveldtog met ons te registreer, en ons sal jou webwerf ontwerp en publiseer op 'n baie lae koste, insluitend 3 e-pos adresse. Om jou selfs verder te help, sal ons al jou sosiale media bladsye met jou webwerf aaneenskakel, sodat jy onmiddellike regstreekse skakels het om jou webwerf op datum te hou. Kontak ons vandag nog om seker te maak jou besigheid word raakgesien! (Kliek Hier)

Hoekom radio?

Die volgende kan jou help om 'n suksesvolle radio-advertensie veldtog te hê:

Frekwensie van advertensies

"Gryp jou verbruikers aan die oor, en hul harte en gedagtes sal volg! " Lyndon B. Johnson

In kort: 'n kommersiële radio-advertensie moet verskeie keer gespeel word voordat dit insink in die gedagtes van die luisteraar. As jy van plan is om jou kommersiële handelsflits een keer per week vir 'n maand lank te skeduleer, sal dit nie voldoende wees om jou produk tot aan die toppunt van jou teikengehoor se gedagtes te bring nie.

Die suksesvolle radioveldtog bestaan uit 'n kommersiële flits wat aanvanklik vir meer as een keer deur die loop van 'n dag uitgesaai word, in teenstelling met een of twee keer per week.

Ken jou teikenmark

Jou vaardigheid om die teiken te tref is noodsaaklik vir elke advertensie wat jy skep . Daarom moet jy seker maak dat jy weet waar jou teikenmark op LEKKER FM 98.3 se programskedule inskakel . Dis sinvol om jou parfuumwinkel byvoorbeeld tydens 'n tipiese huisvrouprogram te adverteer. Daarom sal jy nie 'n hardeware-en gereedskapswinkel in dieselfde gleuf adverteer nie.

LEKKER FM 98.3 se ervare media-strateeg sal jou help met die keuse van die regte programme en skedules om die beste waarde uit jou produk en bemarkingsveldtog te verkry.

By langer veldtogte, kan jy selfs jou radio-flitse rondskuif om te probeer verseker dat jy deur 'n wyer teikengroep gehoor word, sodat die sukses van jou belegging verhoog word.

Vervaardiging van kommersiële flitse.

Vervaardiging van radio-advertensies is eenvoudig en baie koste-effektief. Jy moet twee basiese elemente hê: 'n teks en 'n talentvolle stemkunstenaar.

Maar wees versigtig om nie bloot net 'n paar sinne uit te skryf en dan jou vingers te kruis met die hoop dat jou advertensie die merk sal tref nie. Onthou: radio is die teater van die gedagte. Jou flits se sukses maak staat op duidelike inligting , spraak en klank wat jou besigheid vanuit die klankrommel lig en jou naam in die geheue van die luisteraar ets.

Onthou , frekwensie is die sleutel! So maak seker dat jou advertensie in die kol is en jy sal die verbruiker se aandag die eerste keer trek. Navorsing toon dat dit ‘n paar keer neem voordat die verbruiker uiteindelik verstaan wat jou maatskappy behels. Dit is daarom belangrik dat jou advertensie sal uitstaan en jou boodskap herhaaldelik sal dra. 

Stuur E-pos 

LEKKER FM 98.3 
Dit kan net LEKKER raak!


VOLG ONS






LUISTER NOU



POTGOOI - LUISTER WEER


JOU WEER

LUISTER TUNEIN OF STREEMA