LEKKER FM 98.3 is jou nommer een radiostasie in Pretoria en omliggende gebiede, maar ook wêreldwyd vir die duisende Suid-Afrikaners wat uit ons pragtige land geëmigreer het en steeds alles wat LEKKER Afrikaans en LEKKER bekend is wil ervaar. radio stasie

LEKKER FM 98.3 is ‘n opwindende tendens-stellende, opvoedkundige en insiggewende radiostasie, gebore op 11 Oktober 2012, toe dit vir die eerste keer begin uitsaai het via internet en selfoon.

LEKKER FM 98.3 spog met ‘n dinamiese, kreatiewe en passievolle span aan die stuur, agter die skerms en ook op die lug met ‘n permanente FM uitsaailisensie geldig vanaf 8 Mei 2014.

LEKKER FM het begin uitsaai op 91.9FM, 23 November 2015, maar moes na 6 maande die frekwensie verander na 98.3FM. Die eerste regstreekse-uitsending op 98.3FM, was op 30 Mei 2016.

LEKKER FM 98.3 fokus op topgehalte vermaak, spesifiek vir Afrikaans-sprekende luisteraars in die groter Pretoria omgewing. By LEKKER FM word elke luisteraar gemotiveer om ‘n positiewe uitkyk en houding te ervaar teenoor ons pragtige land, sy mense, sy diversiteit en sy lewe.

LEKKER FM 98.3 programme wissel van suiwer vermaak tot interessante en tot-die-punt aktualiteits-programme wat die luisteraar ingelig hou oor wat plaaslik en wêreldwyd gebeur. Gereelde nuus-, verkeer- en weerberigte is baie gewild en die musiek is topgehalte LEKKER kontemporêre Afrikaans en Engelse treffers, met ‘n spesifieke fokus op Suid-Afrikaanse talent.

LEKKER FM 98.3 bied nie-politiese programme en inhoud gemik daarop om die lewenstyl, aktiwiteite en belange van ons teikengehoor en die plaaslike gemeenskap van groter Pretoria te weerspieël. Ons speel LEKKER-luister Afrikaanse musiek en streef na die opheffing van ons direkte gemeenskap deur die skep van werksgeleenthede, en bevordering van Suid-Afrikaanse musiek en kunstenaars.

Skakel vandag nog in op LEKKER FM 98.3 en beleef die LEKKERTE van Afrikaans op sy beste! radio stasie

By LEKKER FM is jy nie net 'n luisteraar nie, maar wel 'n vriend!

Skakel in op FM by 98.3 fm in Pretoria en omgewing, of luister via internet of een van ons selfoon platforms.

LEKKER FM 98.3 - Dit kan net LEKKER raak!!! luisteraars


VOLG ONS






LUISTER NOU



POTGOOI - LUISTER WEER


JOU WEER

LUISTER TUNEIN OF STREEMA